Brief van Ngubane impliseer Brown

‘n Brief van die vorige hoofuitvoerende beampte van Eskom, Ben Ngubane, rondom Brian Molefe se “uittrede” toon dat die skrywe aan drie partye gerig in Brown se kantoor,  nl. die registrateursbeampte, Kim Davids, haar persoonlike assistent, en die departement se direkteur van bestuur.

Davids het dan ook ontvangs erken en gemeld dat die inhoud onder die aandag van die minister gebring sal word.

Die skrywe het die aftrede besonderhede bevat van Molefe en het die minister se handtekening benodig.

Toe die R30 miljoen aftrede-bom bars het Brown enige betrokkenheid daarby ontken.

Die skrywes is in kontras met Brown se verklarings en sal verduidelik moet word.

Foto: Ben Ngubane