Boere sê genoeg is genoeg

Boere oor die hele land heen se gemoedere loop hoog na die vlaag plaasaanvalle die afgelope tyd.

Veral Wes-Kaapse boere is ontnugterd omdat die plaasterrorisme ook na hulle oorgespoel het, terwyl hulle nog nooit werklik aandag aan hulle eie veiligheid gegee het nie.

Verskeie optogte teen plaasterrorisme sal vandag plaasvind.

In die Wes-Kaap sal Klapmuts naby Stellenbosch die fokuspunt wees waar die boere reeds begin saamtrek het. Hulle sal dan met die hulp van die metropolisie en die verkeersafdeling in `n konvooi op die R101 tot by die Kaapstad-stadion ry.

‘n Soortgelyke geleentheid gaan in Bloemfontein ook op die N1 hoofweg gehou word.

Noord-Transvaal se boere kom om 7:30 op die N1 by die Settlers Codrington afrit byeen vir ‘n protesvertoning.

Lede van TLU SA se Noordstreek het laasnag ‘n “groen magsvertoon” gehou met groenlig patrollies wat wyd oor die provinsie heen gehou is.

Foto: Boere het reeds in groot getalle naby Klapmuts begin saamkom