Apartheid geblameer vir KZN moorde

Volgens die ANC se voorsitter in Natal, Sihle Zikalala, moet die geweld en dood van politieke figure in die provinsie die afgelope tyd, toegeskryf word aan apartheidsera operateurs.

Volgens hom is die onderdrukking van Afrikane in die vorige era nou die gevolg dat swart op swart geweld plaasvind.

Weer word ‘n sogenaamde “derdemag” ingesleep wat die moorde sou laat plaasvind.

Hy erken ten minste dat daar in die taxi dispute sogenaamde “hitmen” bestaan wat geskille “oplos”.

Hy verswyg egter dat Afrika se inwoners heers deur oorlewing van die sterkstes.

Foto: Sihle Zikalala