AfD beskuldig Petry van diefstal

Die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AfD) het die afgelope naweek beweer dat die voormalige voorsitter van die party, dr. Frauke Petry, data van die party se lede gesteel het voordat sy bedank het uit die party.

Die bewering word gemaak dat Petry die data wil gebruik met die oog op die stigting van ’n nuwe politieke party wat klaarblyklik eersdaags gestig gaan word.

Volgend die Duitse nuusblad Stern is die uitvoerende raad van die AfD van plan om Frauke Petry te dagvaar vir die diefstal van party eiendom.

Die AfD beweer dat Petry die databasis waarop meer as 30 000 partylede se name, adresse en kontak besonderhede is, gesteel het vir eie gewin, en oorweeg nou regstappe teen haar.

Die Duitse koerant, Der Spiegel, het vroeër berig dat hulle e-posse gesien het wat tussen Petry en die AfD se data beveiligingsbeampte gevloei het kort voor die September verkiesing en beweer dat Petry die databank gekopieer het.

Foto – Dr. Frauke Petry