Zuma maak ommekeer in appelhof

Nadat ANC-president Jacob Zuma en die Nasionale Vervolgingsgesag die Appelhof genader om verlof tot appèl aan te teken teen die 2016 “spioenasie opnames”, het Jacob Zuma ter elfder ure ‘n  toegewing gemaak waarin hy die besluit,  om meer as 700 korrupsie klagtes teen hom te onttrek, as irrasioneel  te verklaar.

Zuma se advokaat, Kemp J Kemp, het hierdie toegewing in die appelhof gemaak maar versoek dat sy kliënt geleentheid wil hê om nuwe voorleggings te maak aan die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging.

Dit sal beteken dat Shaun Abrahams, die huidige direkteur  van vervolging,  ‘n nuwe besluit kan neem of die verhoor moet aangaan.

Die voorsittende regter Eric Leach het in repliek gevra hoekom Zuma aansoek gedoen het om appèl om dan toe te gee dat die onttrekking van klagtes irrasioneel was.

Uitspraak in die aansoek is voorbehou.