Skiereiland Universiteit protes gewelddadig

Die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie moes verdere sekuriteitsmaatreëls in plek stel nadat protes optredes hand uit geruk het.

Vullis is in paaie gegooi, klippe is na verbygaande voertuie gegooi en ‘n betogers het selfs ‘n vuurwapen afgeneem by ‘n sekuriteitswag en hom daarna met ‘n mes aangerand.

Betogers het gedreig om alles op die kampus af te brand indien daar nie aan hul eise voldoen word nie.

Hul eis ondermeer dat vier studente wat geskors is her toegelaat word om weer te studeer, asook beter werknemer kontrakte vir personeel.