Nepotisme

Dit is maklik om familie- of vriende-begunstiging te ontken deur dit met ‘n ander rede te probeer omseil.

In die geval van Nkosazana Dlamini-Zuma word aangevoer dat haar naam in die oorspronklike lys van parlementslede verskyn.

Die eerste vraag wat beantwoord moet word, is, hoe het haar naam in die oorspronklike lys beland? Om met die saak in ‘n later stadium te begin, is soos om op die middelste sport van ‘n leer te begin. Dit kan vergelyk word met ‘n geval waar broers en/of susters en/of vriende van ‘n president in ‘n kabinet opgeneem word en te beweer dat hulle dit op eie meriete verdien. Dit kan wees, maar is dit wenslik?

Wat is die verskil dan met oligargie (familieregering)?

Waar opposisiepartye bedenkinge het, behoort eers aandag aan die bedenkinge gegee te word voordat beroering veroorsaak word.

Jabob te Groot