Krugerdag spesiaal herdenk

Die Verkennersbeweging van Paardekraal wyk hierdie aar nie af van hulle gebruik om Krugerdag (10 Oktober) te herdenk nie.

Die aard van die verrigtinge is egter anders, met ‘n heerlike gesinsdag wat beplan word vir Saterdag 7 April, by die Paardekraal monument in Krugersdorp.

Die dag begin met die jaarlikse vlaghysing en tentoonstelling, waarna na Paul Kruger se standbeeld gestap gaan word en sy serp vir hom gaan aangebring gaan word.

By terugkoms om 12 uur begin die “Boerestaal” kompetisie.  Dis “fearfactor” op die Boere manier.

Belangstellendes word uitgenooi om ‘n spanmaat te bring die hele gesin om die dag in lieflike buitelug te geniet.  “Of jy nou deelneem en of jy net kyk, pret sal jy hê”, se die Verkenners.

Foto: Die program van Krugerdag by Paardekraal