Jakaranda steun Tumi

Die radiostasie, Jacaranda FM, gee skynbaar nie om  dat die boikotaksie teen hom verskerp gaan word nie, nadat sowat 36 000 luisteraars reeds hulle misnoeë met die stasie te kenne gegee het.

Sy uitgesproke omroeper, Tumi Morake, het die stasie in omstredenheid gedompel met rassistiese uitlatings wat sy gemaak het. Dit het daartoe gelei dat talle luisteraars die stasie boikot, en dat verskeie adverteerders hulle advertensies onttrek het. As die luisteraarsgetalle verminder, sal ander adverteerders waarskynlik om ekonomiese redes ook onttrek.

Die radiostasie het nou in ‘n verklaring gesê dat hule Morake ondersteun en dat die onmoontlik is om luisteraars nie aanstoot te gee nie.

Kort na hulle ondersteuning aan haar, het Morake ook haar stilswye verbreek en gesê sy is nie spyt oor wat sy gesê het nie.

Die vakbond Solidariteit het ook ‘n gesprek met Morake en haar mede-aanbieder, Martin Bester, gehad maar geen ooreenkoms bereik nie, behalwe dat dr. Dirk Hermann Morake as ‘n “talentvolle professionele persoon” beskou.