Fopnuus oor Steve se konsert

Ene Johan de Villiers, bekend vir sy nydigheid teenoor Afrikaners, het op 8 September 2017 ‘n brief met fopnuus aan die Huffington Post gestuur. Die opskrif was (in Engels) – Oorsese Afrikaners aan Steve Hofmeyr:  Ons wil jou nie hier hê nie. – Dan beweer hy dat Steve se konsert in Nieu-Seeland gekanselleer is na oproer deur “expats”.

Hy beweer ook dat Steve se optrede in Wellington as been van “Afrikaans is Lekker” gekanseelleer is oor Steve se uitgesprokenheid oor rasse waarmee die “expats” nie gediend is nie.

De Villiers wat in Amsterdam woon, beweer ook dat die stadsbestuur van Adelaide, Australië dit oorweeg of Steve se konsert aldaar moet voortgaan en dit is ‘n klap in Steve se gesig. Die Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon gaan glo ook tekere omdat Steve Die Stem gesing het, want dit het die swartes beledig. (Omdat Afrikaners hulle eie lied sing?)

De Villiers beweer ook ewe aanmatigend dat die buitelandse Suid-Afrikaners aandring op versoening omdat hulle spyt is oor die voordele wat hulle in die apartheidsjare ten koste van die swartes gehad het.

Niks wat De Villiers beweer, is egter waar nie. Navrae by die organiseerders van Steve se optredes in Nieu-Seeland en Australië het bevestig dat sy konserte nie gekanselleer is nie en dat hulle dit ook nie oorweeg nie. Die “expats” het Suid-Afrika juis in die jare na 1994 verlaat omdat hulle geen toekoms of vooruitsigte in die gedwonge omstandighede alhier het nie. Buitendien het De Villiers geen opname gemaak van “expats” wat teen apartheid te velde trek nie. Dit wat ek self in Australasië beleef het, was presies die teenoorgestelde.

Wie gee De Villiers die reg om namens ander mense te praat van wie hy niks of weinig weet?  Hy weet nie eens wat apartheid is nie omdat hy nie diepte-insig het nie. Hy stel gedwonge integrasie gelyk aan demokrasie en vryheid, … maar demokrasie en vryheid is die wese van apartheid. Elke volk regeer oor homself soos bereik is met die Transkei en Boputhathswana en ander wat sou volg.

Tans word ons in een parlement in gedwing, ons sportmanne gedwing om die saamgeflanste betogers Afrikalied te sing wat nie op Suid-Afrika betrekking het nie, ons besighede gedwing om integrasie toe te pas, en so meer. My doel met hierdie skrywe, moenie al die bog glo waarmee ‘n enkele valse afgedwaalde as die waarheid probeer voorhou nie.

 Kobus Wagnou