Croucamp, RSG en apartheid

Daar is seker begrip voor dat daar op ‘n openbare vakansiedag, een van die min dae waarop daar wettig nie gewerk hoef te word nie (in teenstelling met stakings en betogings waarop daar in elk geval nie gewerk word nie), nie noemenswaardig veel nuus is nie.

Vir die openbare uitsaaier se Afrikaanse radiodiens, om egter die geleentheid te gryp om die reeds oorgebruikte “politieke ontleder”, Piet Croucamp nader te sleep, getuig op ‘n byna absolute nuusbankrotskap.

Hy het vermoedelik ‘n eiertjie gelê na aanleiding van die sogenaamde Erfenisdag (hulle meld nie om welke verstommende rede hy die nuus gehaal het nie).

Waarskynlik is dit omdat hy weer in tipies verlinkse idioom gal gebraak het op apartheid, en die openbare uitsaaier, nogal in Afrikaans, gretig meedoen om die Afrikaner onder ‘n valse skuldgevoel te hou.

Verder is daar op Monitor ‘n bydrae van iemand wat huilend vertel hoe hy die sogenaamde k-woord op gereelde basis moet aanhoor, maar daar is geen bydrae nie van Black First Land First (BLF) wat in sy dreigende mediaverklaring teen Eric Barnard Meubileerders en ander “gronddiewe”, tot twee maal die woord “kaffir” gebruik.

Nietemin, terug by Croucamp. Volgens Croucamp moet mense die invloed wat apartheid op baie Suid-Afrikaners gehad het, erken. RSG se bulletin gaan dan verder: “Hy het verwys na bantoe-onderwys, waarvolgens verskillende rasse verskillende opvoedingstelsels gehad het. Croucamp sê 62 persent van alle kinders in Suid-Afrika kom uit huise waar daar net een volwassene is en in 50 persent van die gevalle is die volwassene nie die biologiese ouer nie. Hy sê apartheid het die wese van swart gesinne vernietig.”

‘n Mens se eerste reaksie sou byna gewees het dat hy of die nuusskrywer die naweek te lekker gekuier het, want daar is baie min wat sin maak in wat gesê word.

Een ding waaroor ons wel met hom saamstem, is dat meer mense apartheid se invloed moet erken.

Onder apartheid was daar geen plaasmoorde nie. Daar was ook geen 52 moorde per dag, waaronder wit en swart gely het nie. Misdadigers is uit die samelewing verwyder, selfs so ver as na Robbeneiland. Die ekonomie was nooit in ‘n “tegniese resessie” nie, en selfs vir ongeskoolde werkers is voorsiening gemaak in verskeie instellings, om werkloosheid laag te hou. Inflasie was laag. Die rand was stewig. Behalwe vir terroriste aanslae en opswepers wat die land met hulle buitebande en vuurhoutjies wou ontwrig, was daar politieke stabiliteit. ‘n Sasol kon ontwikkel word, Pelindaba is gebou, weermagvliegtuie kon vlieg, want daar was brandstof.

Nou sleep Croucamp bantoe-onderwys nader om ‘n punt te wys. As gerekende “politieke ontleder” het hy tog seker al gehoor hoe al hoe meer stemme begin opgaan vir moedertaal onderrig, want dit is die beste vir die kind.  Die apartheidsonderwys het juis moedertaalonderrig bevorder deur moeite te doen om verskillende volke, met eie kultuur en taal, bymekaar te bring.

Weer eens was dit die “liberation before education”-dissipels wat skoolkinders opgestook het om skole af te brand en in opstand te kom. Nou, na die “liberation”, het die skoolafbranders van destyds, groot geword en brand nou universiteite af, omdat die multikulturele omgewing nie werk nie.

Om te wil beweer dat apartheid daarvoor verantwoordelik is dat 62 persent van alle kinders in Suid-Afrika uit huise kom waar daar net een volwassene is, is in wese lagwekkend.  Dit sou beteken dat apartheid so ver medies gevorderd was, dat slegs een ouer nodig sou wees om kinders te kry! Selfs Zuma het nog die daaraan gedink om apartheid vir so iets te blameer nie!

Dan beweer Croucamp ook dat apartheid die wese van swart gesinne vernietig het.

Die regering het destyds juis moeite gedoen om gesinne by mekaar te laat uitkom.  Dit is waarom die desentralisasiebeleid gevolg is, waardeur werkgewers aangemoedig is om die ongerief aan te gaan om nywerhede na die grense van die swart volkstate te neem, sodat werkers nie ‘n weeklank hoef uit te bly nie, maar elke aand by sy gesin kon wees. Die blanke moes toe maar uit bly vir ‘n week, want hy kon nie van daardie gedesentraliseerde nywerhede elke aand na sy huis en gesin gaan nie.

Dit is duidelik dat ‘n saak ook ‘n ander kant het, en dalk moet dr. Croucamp ‘n bietjie nagraadse studie gaan doen. Ons sal ‘n kursus is Geskiedenis 101 vir hom aanbeveel.

Intussen is dit tragies dat soveel Afrikaners blootgestel word aan hierdie subtiele propaganda, en dit nogal in Afrikaans.

Veel alternatief is daar nie sedert Radio Pretoria nie meer bestaan as versetstasie vir ons volk nie, omdat Pretoria FM meeding in gematigdheid met die sogenaamde hoofstroommedia, en luisteraars die indruk kry dat hulle uiters versigtig is om dinge by die naam te noem…