ANC vrees vir Malema optrede

Lede van die parlement wat die ANC verteenwoordig, is bang vir Julius Malema en sy 24 parlementslede, en vra nou beskerming, sê die speaker, Baleka Mbete.

Baleka het die opmerking gister gemaak wat nou blykbaar verwys is om ’n reëlings komitee te vestig wat na die veiligheid van lede moet omsien.

Haar opmerking is gemaak in Pretoria in die teenwoordigheid van verskeie joernaliste, maar sy het nie direk die Malema party by die naam genoem nie, maar dit was duidelik na wie sy wel verwys het.

Volgens haar het die ANC se hoofsweep dit duidelik gemaak dat hy onveilig voel teenoor “die party wat die werksaamhede van die Huis ontwrig”.

Sy sê verskeie party het aangedui dat hulle strenger reëls nodig het om hulle regte te beskerm sodat hulle hul pligte in die parlement kan nakom.

Politieke ontleders meen egter dit is ’n nuwe manier om mense met lyfwagte te beveilig wat deur die belastingbetalers vergoed moet word.

Foto – Baleka Mbete.