Amptelike verskoning van KPMG Internasionaal

John Veihmeyer, die voorsitter van KPMG Internasionaal, het verskoning aangeteken vir die firma se tekortkominge in Suid Afrika te midde van ‘n skandaal wat sakevriende van president Jacob Zuma betrek.

Dit volg nadat die firma die Suid Afrikaanse tak se topbestuur afgedank het, en verskeie grootkoppe reeds vroeër self bedank het.

Twee genoteerde Suid-Afrikaanse maatskappye het intussen aangekondig dat hulle hul bande met KPMG gaan verbreek en Deloite en PwC as vervangende ouditeure gaan aanstel. Verskeie ander maatskappye, insluitend banke, oorweeg nog hulle voortgesette verbintenis met KPMG.

Intussen het ‘n opname getoon dat die publiek van Suid Afrika SAID sien as ‘n korrupte organisasie onder leiding van Tom Monyane.