Zuma tree steeds nie teen Manana op

Iemand wat al self in die spervuur was oor sy minagtende hantering van vroue, die ANC-president Jacob Zuma, het gesê dat enigeen wat vrouens misbruik, ongeag sy posisie, vervolg moet word.

Dit het egter nie in sy eie geval gebeur nie.

Hy is egter nou onder druk oor sy adjunkminister van hoër onderwys wat ‘n nagklub “dame” misbruik het. Manana moet vandag in die hof verskyn op ‘n klag van aanranding.

Zuma het egter nog geen stappe teen Manana geneem nie, ten spyte van die feit dat Manana die aanranding erken het en verskoning daarvoor gevra het. As Zuma ernstig was oor sy eis, sou hy Manana summier afgedank het.

Fikile Mbalule, minister van polisie, het intussen aangekondig dat hulle “die honde wat ons vroue vermoor” gearresteer sal word.

Foto: Adjunkminister Manana