Wetenskaplikes maak deurbraak met allergieë

Amerikaanse wetenskaplikes het nog ’n deurbraak gemaak in die mediese wetenskap toe hulle vasgestel het wat in die menslike liggaam teenwoordig is wat allergieë veroorsaak.

Hulle beweer dat hulle presies kon vasstel watter deel in die menslike liggaam allergieë veroorsaak, en daarmee kan allergieë veel beter behandel word.

Die wetenskaplikes sê met die ontdekking sal dit ook moontlik wees om veel beter mediese preparate te vervaardig wat allergieë teenwerk.

Die ontdekking maak dit moontlik om ’n krieweling wat in die keel ontstaan, presies te bepaal watter selle in die liggaam dit veroorsaak, en kan direk behandel word.

Die navorsers wil egter nog verdere ondersoeke doen waarna ’n volledige verslag vrygestel sal word.