Wêreld Nuusflitse – 10 Augustus

Irak

Die owerheid in Irak het 27 Islamitiese Staat vegters wat in hegtenis geneem is, die afgelope week tereggestel en gesê dit word gedoen omdat honderde van die land se mense onskuldig gedood is deur die terroriste.

 

Sjina

Hewige aardbewings in die suidweste van Sjina het Woensdag talle paaie ontwrig, huise inmekaar laat stort en duisende mense dakloos gelaat en sowat 100 mense is dood terwyl ’n onbekende aantal beseer is.

 

Kuba

Politieke ontleders sê dit lyk asof die kommunistiese regering van Kuba agter die onrus in Venezuela sit met sy volgehoue steun aan president Maduro wat sy diktatoriale bewind verder vestig.

 

Brasilië

President Michel Temer van Brasilië het die hooggeregshof versoek om die prokureur-generaal te verwyder uit die ondersoekspan na moontlike korrupsie nadat vasgestel is dat hy nie onpartydig optree nie.