Weerstand bou op teen Franse president

Bykans 200 000 kiesers in Frankryk het ’n petisie onderteken teen die vrou van president Emmanuel Macron nadat sy glo ’n benaming as Eerste Dame vra en ’n amptelike posisie beklee het in die hoedanigheid as presidentsvrou van die land.

Die petisie toon ’n verdere insinking van die president se gewildheid wat die afgelope paar maande dramaties gedaal het in die oë van kiesers.

Die petisie het binne twee weke as ’n “aanlyn beswaar” meer as 190 000 mense laat deelneem omdat Macron met die vergoeding wat sy vrou ontvang, en die uitbreiding van haar posisie, sy eie verkiesingsbelofte verbreek.

Meningspeilings deur die media geïnisieer toon dat die president se gewildheid reeds in Junie ’n laagtepunt bereik het, veral toe vasgestel is dat hy Marxistiese neigings toon om Frankryk te regeer.

Die Eerste Dame, Brigitte Macron, het ’n span van twee of drie wat haar bystaan, asook twee sekretaresse en twee sekuriteitsbeamptes. Die ondertekenaars van die petisie meen dit is reeds meer as genoeg, en geen bykomende geld moet vir haar “nuwe koninkryk” beskikbaar gestel word nie.

In die petisie is ’n versoek dat indien die debat oor Brigitte voortgaan, die beslissing oor haar toekomstige status deur middel van ’n referendum bepaal moet word.

In Frankryk word geen voorsiening gemaak vir die presidentsvrou se status nie, en vul sy bloot die rol van eggenoot tydens seremoniële optrede.

Intussen word kiesers aangemoedig om die aanlyn petisie te onderteken sodat verdere druk op die Marxistiese president geplaas kan word.

Foto – Die Egpaar