Wantrouemosie met geheime stem

Die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma sal geskied by wyse van geheime stemming.

Die aankondiging is tydens ‘n mediakonferensie gemaak deur die Speaker van die parlement, Baleka Mbete.

Waarnemers sê egter daar sal gesien moet word wie van die ANC bereid is om teen party voorskrifte te gaan en Zuma te ontsetel.

Dan bestaan daar die moontlikheid dat intimidasie steeds kan geskied met die bedekte waarskuwing “ons sal jou stem opspoor”

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, sê Suid-Afrikaners moet egter deeglik besef dat die geheime stem nie noodwendig die einde van die huidige presidentskap beteken nie.  “Hierdie besluit is ʼn aanduiding dat die ANC daarvan oortuig is dat hy beheer oor sy lede het en nie bang is vir ʼn geheime stemming nie.”