VSA stel sanksies in teen Venezuela

Die Verenigde State van Amerika het aangekondig dat sanksies teen agt van Venezuela se regeringslui ingestel word aangesien hulle direk verantwoordelik is vir die ondermyning van die land se demokrasie.

Intussen het leiers van die opposisieparty planne bekendgemaak hoe hulle deelname in die toekoms sal wees by die streek verkiesings in ’n poging om diktator Nicolas Maduro te stop om voort te gaan met sy planne.

Volgens opposisieleiers wil president Maduro sy mag konsolideer en daarmee sy diktatoriale magte uitbrei wat sal meebring dat hy tien jaar kan regeer sonder verkiesings.

Die Amerikaanse sanksies is teen lede van die nuut gestigte Grondwetlike parlement, die leiers van die Nasionale Verkiesings Raad en die Federale Veiligheid se hoof.

Die Trump administrasie is van mening dat die leiers in die strukture verantwoordelik is vir die ondermyning van die land se demokratiese bestel.

Intussen het honderde mense begin om Venezuela te verlaat, en lande soos Peru het aangekondig dat die vlugtelinge welkom is om daarheen te emigreer.

Intussen het politieke ontleders hulle kommer uitgespreek oor die invloed wat Kuba uitoefen om Venezuela te lei tot ’n ondemokratiese bestel wat uiteindelik ’n kommunistiese land kan word.

Opposisieleiers het bekendgemaak dat die maande lange betogings gelei het tot die dood van 125 mense.

Foto – President Maduro