VSA deporteer Kubaanse diplomate

Die Trump administrasie het twee Kubaanse diplomate teruggestuur na Kuba weens onaanvaarbare gedrag wat glo deur die twee openbaar is.

Volgens ’n woordvoerder is twee Kubaanse diplomate deur Washington huis toe gestuur na ’n “onaanvaarbare insident in Havana” waarby Amerikaanse ambassade personeel met “verskillende fisieke simptome” te kampe gehad het.

Haether Nauert, woordvoerder van die Amerikaanse ministerie van buitelandse sake het gesê die twee diplomate het reeds die land verlaat.

Die woordvoerder wou nie verdere toeligting verstrek oor die twee se optrede nie, maar politieke waarnemers sê die Kubaanse diplomate het reeds verskeie kere onbehoorlike gedrag getoon, maar die Obama regering het verby dit gekyk en verkies om nuwe betrekkinge met die kommuniste aan te knoop.

Intussen is verskeie personeel van die Amerikaanse ambassade in Kuba ook teruggeroep waarvan minstens drie weens mediese redes terugkeer na die VSA.

Intussen het die FBI begin met ’n ondersoek na die voorvalle maar die vermoede bestaan dat die bevindinge vertroulik hanteer sal word.

Foto – Kubaanse vlag