Verdere afgradering verwag

Ekonome voorspel dat die Suid-Afrikaanse ekonomie, wat reeds rommelstatus verwerf het onder die ANC-bewind, verder afgegradeer kan word.

Toe die speaker van die parlement aangekondig het dat die mosie van wantroue by wyse van geheime stem gaan plaasvind, het die sukkelende rand ‘n tydelike verstewiging getoon.

Nadat dit geblyk het dat Jacob Zuma die wantrouemosie oorleef het, het die rand onmiddellik met ongeveer 20 sent teen die dollar verswak.

Verbruikers is die grootste slagoffers van die verswakking van die rand. Dit gaan waarskynlik daartoe lei dat brandstofpryse kan styg, wat beteken dat verbruikersgoedere ook gaan styg, wat ‘n spiraal sal vorm om inflasie te verhoog.