Vals prokureur smous staatsgrond

‘n “Namaakprokureur” is betrek  by ‘n bedrogspul waarin staatsgrond in Natal onwettig verkoop is deur middel van vervalste dokumentasie.

Dit wil voorkom of die Departement van Openbare Werke in die provinsie die grootste slagoffer van die bedrog is, maar verskeie ander departemente, insluitend die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en moontlik ook ‘n paar privaat eienaars, geteiken is.

Die polisie probeer nou ontrafel wie betrokke is by die sindikaat en waarheen die geld wat vir die eiendomme betaal is, gegaan het.

Skynbaar is ‘n vrou betrokke wat haarself as prokureur voordoen maar dit nie is nie. Sy was onlangs in die hof nadat die KwaZulu-Natalse regsvereniging ‘n hofaansoek geloods het waarin sy daarvan beskuldig word dat sy ‘n wanvoorstelling van haarself as ‘n aktebesorger gemaak is, en verdink word van betrokkenheid is by tien verdagte transaksies wat die eiendomme betref.