Taxibestuurder slaan blanke byna dood

‘n Blanke man is byna deur twee taxibestuurders met bakstene doodgeslaan in ‘n voorval van klaarblyklike rasgedrewe padwoede.

Die 43-jarige mnr. Carel Kruger kon uiteindelik aan die aspirant moordenaars ontkom deur tussen ander motors in te vlug. Selfs twee Metropolisielede het geweier om hom enige hulp te gee, en in hulle teenwoordigheid het die taxibestuurders voortgegaan om hom met bakstene oor die kop te slaan.

Een van die taxibestuurders het ‘n roekelose handeling met sy moordbussie uitgevoer, waarop mnr. Kruger sy toeter gedruk het. Die taxi, saam met nog ‘n ander taxi, het mnr. Kruger van die pad gedruk en hom met bakstene begin toetakel.

Die twee rassistiese taxibestuurders is aangekeer en het reeds borgtog van R600 elk ontvang en sal weer later die maand in die hof verskyn, maar sover slegs op ‘n klagte van ernstige aanranding, en nie op klagtes van poging tot moord nie.

Foto: Mnr. Carel Kruger na die rassistiese aanval op hom