SEB kommissie ondersoek sake entiteite

Die kommissie wat die sogenaamde “breëbasis swart ekonomiese bemagtiging” moet bevorder, is tans besig met ondersoeke na ondernemings wat skynbaar nie die regulasies nakom rondom swart bemagtiging nie. Dit is dus ondernemings wat nog nie bereid was om ‘n gedeelte van hulle aandeelhouding of bestuur op ‘n skinkbord aan swartes oor te dra net omdat hulle swart is nie.

Ondernemings wat ondersoek word sluit onder andere in die MTN Groep, Nokia Solutions and Networks, Netcare Limited , Eskom SOC Ltd en SASSA.