Samsung baas kan lank sit

Die vervolgingsgesag van Suid-Korea beveel aan dat die hoof van Samsung vir 12 jaar tronk toe gestuur word weens die bedrog waarby die reuse organisasie verlede jaar betrokke was.

Die Samsung maatskappy het groot bedrae geld aan die voormalige president, Park Guen-hye, gegee wat gebruik sou word om ’n vriend se kind te laat studeer.

Die korrupsie skandaal het die president haar amp gekos en die hoof van Samsung is ook vervolg vir sy aandeel in die saak.

Die geld in die skandaal, waarby sowat 38 miljoen dollar betrokke is, het ook ten doel gehad dat die president sekere gunste aan Samsung sou toelaat.

Regslui meen die Samsung hoof, Lee Jae-yong,  sal ’n minimum vonnis van 5 jaar kry, maar uitspraak in die saak word eers teen die einde van Augustus verwag.

Die visevoorsitter van Samsung beweer egter dat hy onskuldig is en hom gedistansieer het van die maatskappy se optrede in die betrokke saak.

Foto – Lee Jae-yong