Rusland oorweeg sanksies teen EU

Moskou behou hom die reg voor om teenmaatreëls te neem nadat die Europese Unie nuwe sanksies teen hom ingestel het.

Die waarskuwende aankondiging is die afgelope naweek deur die Russiese minister van buitelandse sake gemaak.

Dit volg op die besluit van die Europese Unie (EU) dat nuwe sanksies teen Rusland ingestel word, en strenger maatreëls word ook ingestel teen die Russiese viseminister van energie

Die EU beweer dat drie instansies van die Russe glo verskeie gasturbines wat gas voorsien aan Siemens in Duitsland, nou gebruik word om gas na die Russies beheerde Krim te versprei.

Die vermoede bestaan dat die Russe met die verandering ten doel het om die Duitse maatskappy Siemens te benadeel saam met ander bedrywe in Duitsland.

Alhoewel Rusland beklemtoon het dat hy verkies om met die Europese Unie saam te werk, meen Rusland egter dat teenmaatreëls ingestel kan word wat Europa ernstig kan knou, veral as die lewering van gas ingeperk word terwyl die winter op hande is.

Foto – President Vladimir Poetin