Protes in Kenia word gewelddadig

Die oorwinning van president Uhuru Kenyatta van Kenia in die afgelope verkiesing het hernude gevegte ontlok onder kiesers terwyl die polisie met lewendige ammunisie die anti-regering protesteerders wou stop.

Opposisieleiers sê die uitslag wat bekendgemaak is, verteenwoordig nie al die kiesers wat gestem het, en beskuldig die owerheid van verkiesingsbedrog.

Die regering se sterkste opponent, Raila Odinga, beweer dat hy oor bewyse beskik dat die stemtelproses “gekaap” is.

Verskeie stede het reeds gewelddadige protes aksies gehad, en minstens 4 optoggangers het omgekom.

Verskeie dorpe en stede in Kenia word geteister deur geweld nadat opposisielede met ’n veldtog begin het om kiesers op te steek omdat bedrog plaasgevind het met die stem tellery.

In die vorige verkiesing het 1 100 mense weens die geweld omgekom, en duisende was ontwortel en moes vlug na veiligheid.

Polisie woordvoerders sê twee van die betogers het gesteel en daarom is hulle doodgeskiet terwyl hulle gevlug het.