Premier se amptenare in R23 miljoen bedrog

Amptenare van die Natalse ANC-premier is uitgevang in ‘n R23 miljoen tenderbedrog saak.

‘n Interne oudit toon dat twee senior amptenare en twee junior amptenare uitgewys word dat hul saamgewerk het met verskaffers om tenderprosedures te omseil.

Vier maatskappye word betrek by die saak maar hulle name word tans weerhou aangesien die saak nog ondersoek word.

Dit is nog nie bekend of die betrokke amptenare geskors gaan word of nie.