Plaasaanval by Thabazimbi

‘n Plaasaanval het in die vroeë oggendure plaasgevind by Klipgat in die Thabazimbi distrik.

Die eienaar van die plaas is skynbaar deur twee van sy eie werkers aangeval, maar hy kon die aanval afweer.  Alhoewel hy wel aangerand is, is hy buite gevaar.

Beide verdagtes is gearresteer en gesteelde goedere is teruggevind en op beslag gelê.

Die gemeenskap, die HPG veiligheidsmaatskappy en die polisie het saamgewerk om die terroriste vas te trek.