Pat Mokushane afgedank

Generaal-majoor Pat Mokushane is afgedank as waarnemende hoof van die polisie se misdaad intelligensie.

Dit volg kort na die waarnemende polisie kommissaris, Lesetja Mothiba, in die parlement erken het dat Mokushane nie sekuriteitsklaring het vir sy pos nie en ook omdat hy ‘n besigheid bedryf vanuit sy kantoor. Sy klaringsertifikaat wat wederregtelik uitgereik is, kan ook lei tot optrede teen brigadier Phetlhe.

Mathiba sal voorlopig self die pos as hoof van misdaad intelligensie behartig.