Op die volksakker – Bell Pottinger – Milnerisme, vryheid en die swart-wit debat

Baie mense is bekend met die wysheid “ken jou geskiedenis en leer daaruit”, maar mens ervaar toenemend dat mense se geheue (en samelewings se gemeenskaplike geheue) kwalik langer is as die enkele sekondes waarin ʼn elektroniese blad ‘verfris’.

In afgelope weke het nog weergawes van die van “die waarheid” rondom Guptagate, staatskaping en die duistere rol van van Brittanje aan die lig gekom.

Al wat ons met sekerheid kan sê is dat die einde nog lank nie in sig is nie!

Ter plaatse is BLF ontmasker as ʼn Gupta-Bell Pottinger front.

Maar namate die openbare woede nou op Bell Pottinger gerig word, is dit ironies dat Bell Pottinger daardeur steeds hulle kontrak vervul: WANT STEEDS FOKUS DIE NUUS NIE OP DIE KERNWAARHEID NIE.

Indien ons al die nuus-geruis wegstroop, is daardie waarheid bitter eenvoudig: President Zuma, wat reeds 783 korrupsie aanklagte van vóór sy presidentskap in die gesig staar, se regering is in die sak van Gupta monopolie kapitaal.

Ofskoon dit boekdele spreek van Gupta-oneerlikheid, ondermyning en alles waarvan hulle nou in die media beskuldig word, word die belangrikste aspek verswyg.

SONDER ONEERLIKE REGERINGSLUI sou Gupta-gate en staatskaping net nie moontlik gewees het nie!

Eers was die media se aandag gefokus op die valse strooipop “wit monopolie kapitaal”, en die swart massa wie se verwagtinge deur die korrupte ANC verydel word, het hierby aanklank gevind.

Later is die fokus verskuif na die “moontlike valsheid” van beriggewing.

Tans fokus almal op die rol van Bell Pottinger.

En steeds word die debat beperk tot “swart armoede” versus gewaande “wit welvaart”.

“Reg” of “Verkeerd” word bloot gerangeer.

En die maghebbers doen dit met ʼn venyige fokus, omdat hulle die mede-skeppers is van daardie valse “waarheid” – die evolusie van Mandela se “die land behoort aan almal”, deur Mbeki se “white have’s, black have-not’s” het nou onder Zuma tot volle ontplooiing gekom in militante eise dat alles aan die swartman behoort, en hom verniet moet toekom.

En Afrika se geïnkultureerde kultus van wraak-weerwraak, van toeëiening en van geweldadige selfgelding en selfverryking het nuwe donker hoogtes bereik. (Nie sedert Shaka se bloeddorstige strooptog-nasiebou was soveel se lewens deur een man verwoes nie; weens Zuma-gierigheid het Nkandla die koste van bykans 2 500 huise aan een man toegeëien!)

Vir ons volk is daar egter veel meer agter hierdie ontvouende sage:

Sedert die ontwaking van Britse imperiale ideale in die laat sewentiende eeu, en die Victoriaanse hoogtepunte van imperiale hoogmoed, gierigheid en haat, was onder ander Suid-Afrika se minerale rykdom en ons volk as struikelblok altyd die fokus van daardie Britse haat.

Milnerisme en selfs die volksmoord van 1900-1902 kon ons volk nie onderhou nie.

Selfs die koloniale oorheersing tot 1910, en die giftige invloed van materialisme wat manteldraaier-politici in ons Unie gevestig het, kon Repuliekwording nie keer nie!

Die volgende aanslag het gekom deur London se ongekwalifiseerde steun aan die ANC se terreurveldtog en die instrumentele rol wat Brits-Amerikaanse belange gespeel het om ons politici verder te korrupteer.

ʼn Gigtige nalaenskap wat voortleef in die party-politiek en die baster-opposisie van oud-Prog’s en NP-oorblyfsels, en ander marginale partye.

Die finale slag, of so het hulle gedink, is geslaan in die 1989-1994 verraad.

Uiteindelik het SA verval tot die punt wat selfs links-leunende’s die status quo nie meer kan verdra nie, en daarom ervaar ons in afgelope jare die hernieude kaping van volkseie organisasies en ʼn tragiese herlewing van die ou NP-Broederbond-NGK troika in vakbond- bugerregte gewaad – dieselfde vakbond wat in 1902, skaars een maand na die oorlog om SA se goud in te palm voltrek was, tot stand gebring is.

Die kern-aanslag bly daarop gemik om ons volk (in breër verband) se ontwakende vryheidstrewe opnuut te smoor, deur ons wys te maak “kulturele vryheid” binne die huidige bedeling is die enigste oplossing.

Daarom is die rol van ʼn Britse maatskappy, met ʼn skokkende rekord van steun aan leuen-veldtogte en misleiding, ʼn veldtog gemik daarop om hernieude rassehaat (swart-op-wit haat) aan te blaas, niks vreemd nie.

Maar een slotwoord is noodsaaklik ter volledigheid.

Internasionaal vind die swart-wit debat veral vrugbare grond in die debat oor slawerny.

In SA is “apartheid” die verstek-antwoord op enige swart mislukking, die towerstaf-regverdiging vir enige eise, hoe onredelik ookal.

Internasionaal is dit die “nalatenskap van slawerny”.

Maar net soos die naakte geweld teen vroue en kinders deur die ANC en ander (onthou u 1900-1902?) gerieflikheidshalwe “vergeet” word in die apartheids-debat, word die aktiewe samewerking van sterker swart stamme wie die slawe aan slawehandelaars voorsien het, verswyg.

Die swart man speel graag die rol van slagoffer, in in sy wraak-weerwraak beskouing gee dit hom die regverdiging om sy geweldslus uit te leef op grond van verdraaide en selfregverdigende geskiedenis.