Nog ‘n hoë amptenaar geskors

Die adjunk direkteur-generaal van energie, Ompi Aphane, is geskors waardeur die lys van geskorste grootkoppe in staats- en staatondersteunde instellings nog langer word.

Aphane is skynbaar een van die mees ervare amptenare waaroor die departement beskik.

Dit is nie duidelik wat die rede vir sy skorsing is nie, en daar word slegs gepraat van “voldoeningskwessies” wat ter sprake is.

Intussen wil beide die minister en die direkteur-generaal geen kommentaar lewer en verduidelikings gee nie, en word media navrae van die een na die ander verwys sonder dat enige duidelikheid verkry word.