Myn skort unie se erkenning op

Die Lonmin groep het kennis gegee dat hul die organisatoriese regte van drie vakverbonde gaan beëindig aangesien hul verteenwoordiging onder die voorgeskrewe vlakke is.

Die drie vakverbonde wat geraak word is Solidariteit, Uasa en NUM.

Bewerings word gemaak dat AMCU (Assosiation of Mineworkers and Construction Union) druk uitoefen op die myn om as enigste vakverbond erken te word.