Minister van Energie ondersoek R80 miljoen bedrog

Die minister van energie, Mmamoloko Kubayi, het ‘n ondersoek ingestel rondom beweerde tender onreëlmatighede in haar departement.

Verskeie senior amptenare is na bewering betrokke by die saak waarin R80 miljoen ter sprake is.

Dit volg na die Departement ‘n kontrak toegeken het aan Mahlaka-A-Phalala (M-A-P) en inligting dui daarop dat die direkteur-generaal van energie, Thabane Zulu, sy adjunk Zizamele Mbambo, asook die verkryging spesialis, Nfafa Ngwane, en hoof finansiële bestuurder, Yvonne Chetty, betrokke kan wees by die onreëlmatige toekenning van die kontrak.

Zulu is intussen verskuif na die Strategiese Energie Fonds en Ndaba het stilweg van die toneel verdwyn.

Foto: Mmamoloko Kubayi