Mensehandel uit Afrika floreer

Bewyse met klank en video opnames wat deur die Italiaanse Departement van Justisie bekom is, toon dat sekere reddingsbote in die Middellandse See met die mense smokkelaars saamwerk.

Die klankopnames wat deur spesialiste gemaak is, dui daarop dat die bemanning van ’n Duitse boot, die Jugend Rettet direkte kontak gemaak het met die smokkelaars van Libië.

Die inligting is vrygestel deur die La Stampa koerant wat ook rapporteer dat die boot intussen gekonfiskeer is.

Hulporganisasies wat ook aktief is in die Middellandse See om reddingswerk te doen, is blykbaar ook betrokke by die netwerk wat mense smokkel na Europa.

Kritici het reeds verlede jaar gesê die sogenaamde reddingsbote van organisasies is medewerkers van die smokkelaars wat mense na Europa neem teen astronomiese bedrae geld.

Die Italiaanse Departement Justisie se opnames is so duidelik dat die gesprek tussen die smokkelaars en Duitse bemanning dat die informele gesprek duidelik gehoor kan word.

’n Video opname toon ook hoe die sogenaamde reddingsboot die klein bootjie nader en hoe daar oor en weer gesels word soos wat ou kennisse sal doen, terwyl die klankbaan dit bevestig.

Italië sou die smokkel van mense na Europa kon bemoeilik as hy sy hawens kon sluit vir enige onwettige immigrante, maar kenners meen dat die Italiaanse regering dit nie sal oorweeg nie.