Los ander se e-pos uit

‘n Senior werknemer van Eskom het uitgevind wat gebeur as jy iemand anders se e-posse kraak en daarop ingaan.

Die werknemer, Genevieve Roux, het ‘n boete van R40 000 gekry omdat sy haar voormalige minnaar se e-pos gekraak het en sodoende toegang daartoe gekry het. Haar nuwe kêrel het haar daarmee gehelp. Roux en Sean Millard het erken dat hulle onregmatig toegang tot Johannes Burger se e-pos rekening gekry het.

Vir sy aandeel in die saak, het Millard ‘n boete van R10 000 gekry.

Behalwe dat hulle strafregtelik skuldig bevind is onder die Elektroniese Kommunikasie en Transaksies Wet, sal hulle ook binnekort hoor wat hulle lot by Eskom gaan wees as die bevinding van ‘n dissiplinêre verhoor bekend gemaak gaan word.