Kenyatta seëvier in Kenia

Alhoewel dit ’n redelike gelykop stryd is wat in Kenia se algemene verkiesing waargeneem is, blyk dit tog of die president, Uhuru Kenyatta die meerderheid stemme getrek het.

Raila Odinga van die opposisieparty het die aanspraak van Kenyatta betwis en gesê as dit waar is, kan almal aanvaar dat daar met die uitslag gepeuter is.

Met meer as 10 miljoen stemme getel, is Uhuru Kenyatta voor met sowat 66% van die stemme in sy guns terwyl Raila Odinga op 44% steun is.

Kenyatta is dus voor met sowat een miljoen stemme, maar die opposisieleier meen daar is bedrog met die tel van stemme.

Die opposisieleier sê die brutale moord op die IT bestuurder van die verkiesingskommissie het die spanning verhoog en word die uitslag wat voorlopig in Kenyatta se guns is, nie aanvaar nie.

Kenia se verkiesing is die eerste in ’n dekade, en die vorige verkiesing in 2007 het tot gewelddadige betogings gelei nadat beweer is dat die regering die verkiesingsresultate gemanipuleer het.

Die geweld het uiteindelik tot die dood van meer as 1 100 mense gelei, en minstens 600 000 is ontwrig en moes wegkruip om nie gedood te word nie.