Kanada bou tentedorp vir asielsoekers

Die Kanadese regering het sowat 100 van sy Weermag soldate aangesit om ’n tentedorp op te rig vir asielsoekers uit Amerika.

Die kamp wat redelik na aan die grens met Amerika opgerig word, het nodig geword weens die toename in mense uit die VSA wat na Kanada beweeg waar hulle aansoek doen om asiel.

Saint-Bernard-de-Lacolle wat ongeveer 60 kilometer van Montreal is, word glo tydelik ingerig met die tentekamp om die meer as 500 mense uit die VSA te huisves.

Die owerheid het egter beklemtoon dat daar reeds etlike duisende mense oor die grans vanaf Amerika in die land aangekom het, en die instroming duur voort.

Stephane Malepart, woordvoerder van Canada Border Services Agency  sê die asielsoekers se verblyf sal met tyd opgradeer word.

Die Kanadese owerheid sê diegene wat die grens op ’n wettige wyse oorsteek, sal nie ’n suksesvolle aansoek om asiel verdien nie aangesien Amerika as ’n veilige land beskou word.