Johannesburg se lys van korrupte beamptes word langer

‘n 35-jarige werknemer van die Johannesburgse Stadsraad is ontslaan na strafregtelike klagtes ten hom gelê is.

Dit bring die lys van beamptes wat reeds afgedank, geskors of self bedank het as gevolg van bedrog, korrupsie en/of diefstal oortredings op ‘n hele 100 te staan.

Een en tagtig amptenare is geskors terwyl twaalf bedank het en sewe is ontslaan.

Dit blyk dat meer as R10 miljard gesteel is in meer as 300 gevalle wat tans ondersoek word.