Joernaliste verlaat linkse CNN

Die verlinkse Amerikaanse televisie nuusdiens, CNN, het nie bekend gemaak dat joernaliste sy diens verlaat weens die maatskappy se volgehoue pogings om president Donald Trump in ’n negatiewe lig te stel vir die kiesers nie.

Die president het CNN verskeie kere daarvan beskuldig dat hy “valse nuus” uitsaai, wat uiteindelik gelei het tot die bedanking van sy joernaliste.

Die joernaliste gaan nou betrek word in ’n nuwe metode om verslag te lewer deur ’n weeklikse aanbieding op die sosiale netwerk van Facebook.

Kayleigh McEnany wat die afgelope week CNN se diens verlaat het, sal gemoeid wees met die weeklikse verslag.

Waarnemers sê die bedankings van joernaliste is ’n verdere bewys dat CNN nie waarheidsgetrou is met sy beriggewing nie.

Kayleigh McEnany was een van die joernaliste wat kommentaar moes lewer oor die president, en gereeld sy optrede verdedig het tot verleentheid van die program aanbieder en CNN wat daarop ingestel is om die president te diskrediteer.

In haar laaste uitsending op CNN het sy die kykers bedank nadat sy aangedui het dat sy uittree, en geëindig met “en dit is nuus wat die waarheid is”.

Sy is die tweede joernalis van CNN wat die diens verlaat weens die maatskappy se beleid om ongeloofwaardige berigte saam te stel.

Die eerste “uitsending” van haar Facebook se “Goeienuus” program wat in die Trump Tower gebou opgeneem is, het sowat 35 000 kykers gelok.

Foto – Kayleigh McEnany