Hoogste strafmaatreëls teen Noord-Korea ingestel

Die omstandighede met die kommuniste van Noord-Korea is sodanig dat die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad die strafste sanksies ingestel het wat nog ooit teen die skiereiland van krag was.

In reaksie op die streng sanksies, het die Sjinese verteenwoordiger gewaarsku dat dit “die inlywing van ’n nuwe en kritieke fase” kan beteken.

Die streng maatreëls teen Pyongyang het van krag geword nadat die land sy soveelste toets uitgevoer het om langafstand ballistiese missiele te ontwikkel wat die land ’n kernmoondheid sal maak.

Met sy toespraak in Manila voor ’n streek veiligheid byeenkoms, het Wang Yi, die Sjinese minister van buitelandse sake, die sanksies het ten doel om Noord-Korea na die onderhandelingstafel te bring.

Die onderhandelings sal gevoer word om die kommunistiese Noord-Korea te probeer oorreed om nie voort te gaan met sy kernwapen ontwikkelingsprogram nie.

Minister Wang Yi het gemaan dat leiers van alle partye die aangeleentheid met verantwoordelikheid moet benader ten einde verdere toename in spanning te verhoed.

Die ambassadeur van die Verenigde State van Amerika in die Veiligheidsraad, Nikki Haley, het egter gesê meer ’n sterker optrede teen Noord-Korea is uiters noodsaaklik.

Haley het gesê die 15 lande van die Veiligheidsraad moet nie “hulle self flous en dink dat die strafmaatreëls met sanksies is voldoende om die probleem op te los nie”.

Foto – Ambassadeur Nikki Haley