Duiwe – Voëlgriep

Wedvlugduiwe is miskien, net miskien, vatbaar vir voëlgriep, maar is beslis nie draers of verspreiders daarvan nie. So verklaar die veeartseny wetenskaplikes van Onderstepoort. Prof Mathinus Hoffman het onder meer verwys na die “International Journal of Veterinary Microbiology” waarin dit in in ‘n omvattende studie bevestig is.

SANPO, die Suid-Afrikaanse duiwebeheerliggaam, gaan dus voort met wedvlugte “in die lig daarvan dat wedvlugduiwe geen bedreiging inhou vir mens, dier, straatduiwe of ander voëls nie”.

Hierdie komende Saterdag (26 Augustus 2017) word Pretoria se duiwe op Colesberg losgelaat om oor ‘n afstand van 630 km te vlieg. Vanaf ongeveer 07:00 behoort die duiwe Pretoria teen ongeveer 15:00 of ‘n raps vroeër te bereik. Dit hang van die weersomstandighede af. Duiweboere sorg vanselfsprekend dat hulle minstens ‘n uur of langer voor die verwagte aankomstyd op die uitkyk vir die duiwe sal wees.