Doodskis “slagoffers” lieg

In kruisondervraging het die twee mans wat beweer dat hulle aangerand is deur die sogenaamde doodskisbeskuldigdes, Willem Oosthuizen en Theo Jackson, ‘n ander deuntjie gesing.

Dit blyk uit hulle antwoorde dat hulle nou ‘n ander prentjie voorhou, en dit word nou duidelik dat hulle verklarings gefabriseer is en dat hul met mekaar ooreengekom het wat om te getuig.

Dit is die soveelste saak wat deur die linkse media uit verband geruk is om beweerde rassisme teen blankes te skree, terwyl die waarheid eers later in die hof uitkom.