Donau word onafhanklike staat

Jare lank is daar ’n dispuut oor die grens tussen Kroasië en Serwië, en kon hulle nie ’n ooreenkoms bereik oor die grensgeskil nie.

Die regerings van die twee lande het oor dekades heen bymekaar gekom en gepoog om ’n ooreenkoms te bereik wat die grens finaal sou vaslê, en intussen het ’n bufferstrook gevestig wat die twee lande skei om konflik te vermy.

Twee jaar gelede het ’n politikus, Vit Jedlika, wat in die nabyheid van die Donau rivier woon, ’n oplossing vir die probleem gevind en toegepas.

Hy het die gebied wat Kroasië as syne beskou, maar wat volgens Serwië aan hom behoort, nou as onafhanklike staat verklaar omdat dit volgens hom, niemandsland is, en slegs ’n paar bewoners gehad het.

As lid van die Vrye Burger Party het hy die gebied geproklameer, ’n landsvlag, sowel as ’n volkslied gereed gekry, met ’n leuse van “Leef en laat leef”, is ’n webwerf gevestig waar mense aansoek kan doen om burgerskap.

Meer as 500 000 mense het reeds die vorm ingevul, en nou het die nuwe Republiek van Vryheidsland verteenwoordigers in meer as 50 lande.

Die nuwe staat bestaan uit ’n totale oppervlakte van sowat 10 000 vierkante kilometer en sluit ’n deel van die pragtige Donau rivier in.

Die land wil poog om ’n kragtige toeristebedryf te vestig met die bekende Donau rivier as die grootste aantrekkingskrag.

Die politikus, Vit Jedlika, wat die nuwe staat tot stand gebring het, sê die twee lande kon oor dekades nie tot ’n vergelyk kom nie, en dit beteken dat die landstreek nie aan een van hulle behoort nie, wat dit noodwendig niemandsland gemaak het.