Brug op N3 stort ineen

In die middernagtelike ure het ‘n voetgangersbrug op die N3 hoofweg naby Johannesburg inmekaar gesak.

Die brug is tussen die Geldenhuys wisselaar en die Van Buurenweg afrit.

Alhoewel niemand skynbaar op die brug was nie, is verskeie beseerdes tog na die hospitaal geneem nadat voertuie in die brug vasgery het.

Die N3 in beide rigtings is vir verkeer gesluit en motoriste moet ander roetes volg.

Die oorsaak van die ineenstorting is nog onbekend, maar inwoners in die omgewing maak daarop aanspraak dat hulle ‘n redelike aardbewing gevoel het. Berigte is ontvang van mense wat die skudding gevoel het van Bedfordview tot by Edenvale en regoor die hele Alberton.