Blommeskou gekanselleer

Die bekende Wilde Blommeskou wat jaarliks in Clanwilliam plaasvind gedurende die wintermaande, is afgestel weens die ernstige droogte wat die gebied teister.

Jaarliks word meer as 400 verskillende spesies vertoon, maar die jaar is blomme skaars weens die ergste droogte in 64 jaar.

Die Namakwaland streek wat bekend en gewild is vir sy weelderige blomme tafereel en vetplant skouspel, is deur dieselfde droogte geteister.  Weinig vetplante het nog begin blom en ander spesies sal eers weer volgende jaar besigtig kan word.

Die blomseisoen is vir die streek baie belangrik weens die toevloei van toeriste in die wintermaande.  Sakeondernemings en veral die gastebedryf beleef ‘n moeilike tyd vanjaar weens die afname van besoekers.