Besmette eiers ook in Frankryk

Frankryk het die koperspubliek gewaarsku dat verskeie verpakkings hoendereiers die land ingekom het wat met die insektedoder besmet is wat fipronil bevat en is reeds in voedsel verwerkingsmaatskappye gevind.

Kort nadat Frankryk die aankondiging gemaak het, is soortgelyke opmerkings gemaak in die Verenigde Koninkryk deur die voedsel reguleerders.

Die besmetting van eiers word nou die eier skandaal van Europa genoem en ander lande is bekommerd dat die besmette eiers ook op hul winkelrakke kan kom.

Talle winkels in Frankryk en Brittanje het begin om hulle voorraad eiers van die rakke te verwyder uit vrees dat dit moontlik besmet kan wees.

Intussen is berig dat benewens die miljoene eiers wat in Nederland, Duitsland en België van die winkelrakke afgehaal is, het Switserland en Swede ook besmette eiers ontvang wat onbruikbaar is.

Miljoene eiers is reeds onttrek van die mark, en ondersoekers is besig om die produsente wat verantwoordelik is vir die skandaal, op te spoor.

Die bestanddeel, fipronil, is hoogs toksies en kan lewer asook die niere van mense sodanig kan aantas, dat hulle kan sterf daarvan.

Ekonome sê die finansiële impak daarvan beloop miljoene euro en kan selfs lei tot die ineenstorting van groot eierproduserende maatskappye.