Adjunkminister hoër aanranding EN konsumpsie

Die minister van polisie het volgens ‘n verklaring in die parlement gesê dat die misbruik van alkohol daartoe gelei het dat die adjunkminister van Hoër Onderwys ‘n vrou in ‘n nagklub aangerand het.

Mduduzi Manana het self by die polisie aangemeld maar ‘n klomp verskonings is gemaak hoekom hy nie soos ‘n normale burger gearresteer is nie .  Die minister van polisie ontken enige voorkeurbehandeling van die adjunkminister asook dat hy regsadvies aan Manana sou gegee het.

Waarnemers glo dat drank dus dalk die skuld sal kry en die adjunkminister net ‘n klap op dié hand kry wat gebruik is om aan te rand.

Manana is op R5 000 borgtog vrygelaat terwyl daar ook sprake is van ‘n hangende aanrandingsaak teen hom in Ermelo.

foto: Mduduzi Manana