Daily Archives: August 29, 2017

Pretoria FM bevorder Engels

Daar is bykans geen nuusuitsending van die vreemde ding wat hulle klank koerant noem, om een uur in die middag, sonder om seker te maak dat Engels bevorder word nie….

Genetika: Nuwe bloedtoets ontwikkel

Navorsers in Nederland verbonde aan die Universiteit van Utrecht het ’n nuwe bloedtoets ontwikkel om die meer ernstige genetiese aandoenings of afwykings by jong kinders te bepaal. Volgens die verslag…

Ekonomiese aanduiders : 29 Augustus 2017 (oggend)

Rand / VSA dollar  R13.07 ( R13.05) Rand / euro  R15.65 ( R15.56) Rand / Britse pond R16.91 ( R16.81) Brent Ruolieprys per vat $51.89 ( $51.98) Goud per fyn-ons…

Derde brand in die Vrystaat

Nadat die historiese stadsale van Bloemfontein en Wepener vroeër deur brande in puin gelê is, het die historiese stasiegebou van Bethlehem die derde gebou geword wat in ‘n brand verwoes…

Jy betaal Guptas deur elektrisiteit

Dit kan nie langer geduld word dat die Guptas Eskom soos hul eie spaza-winkel bedryf nie en ʼn moratorium moet op alle kragverhogings geplaas word totdat ʼn behoorlike strafregtelike ondersoek…

Denel ontrek aan VR Laser

Die staatsbeheerde wapenvervaardiger Denel, het uiteindelik onttrek aan die gesamentlike projek met VR Laser Asia weens die verbintenis met die Gupta broers. Die ooreenkoms wat in 2016 reeds gesluit is…

Koalisie in duie?

Die koalisie van die DA en UDM in die Nelson Mandela Baai munisipaliteit, wat Port Elizabeth insluit, is besig om in duie te stort. Dit volg nadat die onderburgemeester, Mongameli…

Korrupte politici geblameer vir moorde in Natal

Dit blyk dat korrupte politici ‘n klimaat van intimidasie, moorde en teregstellings in Richmond skep. Die laaste maande is vier raadslede doodgeskiet. Dit blyk dat fluitjieblasers wat korrupsie wil blootlê,…

1,9 miljoen sonder mediese fonds

Sou die regering voortgaan met sy planne om mediese skemas se belastingkrediete te skrap, kan dit gebeur dat bykans 22% van die huidige mediese fonds lede, of te wel 1,9…

Mashaba maak Johannesburg skoon

Die burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, gaan voort met sy “skoonmaakproses” in die middestad ten spyte van hewige kritiek vanuit menseregte groepe. Die Rooi Miere is besig om stadseiendom wat…

E-Tol ‘n mislukking

SANRAL en die ANC regering het toegegee dat die E-Tol stelsel in die Pretoria en Johannesburg omgewing ‘n mislukking is. Daar word nou gekyk na ‘n “Plan B” wat daarop…

Nuusflitse

Vyf rowers doodgeskiet in Durban Vyf vermeende rowers is doodgeskiet in ‘n kontantwa rooftog. ‘n Vyfde persoon is in hegtenis geneem en een verdagte is nog soek.  Goeie werk SAP…

Vlaamse volk herdenk geskiedkundige dag

Duisende Vlaamse nasionaliste het vanjaar die 16de herdenkings geleentheid bygewoon van die IJzerwake feesgeleentheid by die monument van die Raemsdonck broers. Die Vlaamse strewe na onafhanklikheid in ’n eie staat…

Brexit laat Europeërs Brittanje verlaat

Als gevolg van die vinnig naderende vertrek van Brittanje uit die Europese Unie, het die eerste Europese burgers reeds hulle koffers gepak en vertrek na hulle lande van herkoms. Intussen…

Uitlanders is messtekers

’n Tendens wat in Suid-Afrika bekend is, word nou ook in Europa bekend, en Brittanje ondervind dieselfde probleem. In Brittanje kon polisiebeamptes daarin slaag om ’n uitlander, wat blykbaar ’n…

Franse president kry wind van voor

As president Emmanuel Macron van Frankryk gedink het sy hervormingsplanne vir Europa gaan goedsmoeds aanvaar word, het hy nie rekening gehou met die nasionalistiese regerings in die ooste van Europa…

Hongarye verbreek betrekkinge met Nederland

Die nasionalistiese regering van Hongarye, onder leiding van eerste minister Viktor Orban het aangekondig dat diplomatieke betrekkinge met Nederland opgeskort word. Hongarye se ambassadeur in Nederland is intussen teruggeroep nadat …

Orkaan Harvey laat verwoesting agter

Die orkaan Harvey het ’n spoor van verwoesting gelaat in die Amerikaanse deelstaat Texas en minstens 300 000 mense sonder elektrisiteit gelaat, honderde huise is beskadig en oorstroom, maar die…

Wêreld Nuusflitse – 29 Augustus

Brasilië ’n Oppervlakte so groot soos België is deur die Brasiliaanse regering goedgekeur vir mynbou in die reënwoude van die land, wat sedert 1980 streng beheer is as bewaringsgebied.  …