198 Parlementslede verkies bedrog bo integriteit

Wanneer 198 lede van ‘n parlement ‘n keuse maak ten gunste van staatskaping, bedrog, korrupsie, nepotisme en nog meer, dan het daardie land ‘n laagtepont in sy geskiedenis beleef.

Waarnemers meen in ‘n beskaafde en ontwikkelde land is so iets ongehoord maar in ‘n derdewêreld in Afrika tel parlementslede se salaris en byvoordele meer as sedes, norme en waardes.

Jacob Zuma sal in die geskiedenis van Suid Afrika afgaan as ‘n korrupte leier wat die land uitverkoop het aan uitlanders ten koste van se eie volgelinge en die land se inwoners.

Dit is van die kommentaar van ontleders nadat die mosie van wantroue in Jacob Zuma in die parlement misluk het.

Opposisiepartye klou egter hoopvol aan die strooihalm dat 26 ANC-lede die wantrouemosie ondersteun het, wat ‘n aanduiding sou wees dat die ANC steun verloor wat hom dalk duur te staan kan kom in die 2019 verkiesing.

Intussen is Zuma self baie leedvermakerig oor die feit dat hy die agtste mosie van wantroue oorleef het.  “ Hulle probeer altyd. Hulle leer nie. Jy kan die ANC nie verslaan nie”, was sy kommentaar op sy oorwinning.